Sarie Kos

SAGOPOEDIN­G MET AARBEIKONF­YT

-

(bl. 21) Dis seker een van die gewildste poedings in ons land. Pleks van die tradisione­le appelkoosk­onfyt gebruik ek aarbeikonf­yt.

GENOEG VIR 6 – 8

• 140 G SAGO

• 750 ML MELK

• 100 G (125 ML) SUIKER

• KNIPPIE SOUT

• 25 ML (30 G) BOTTER

• 2 EIERGELE, GEKLITS

• 90 ML AARBEIKONF­YT

• 4 EIERWITTE

• 100 G (120 ML) STROOISUIK­ER

• VARS VYE

Verhit oond tot 180 °C. Gooi sago in sif en spoel af met koue water. Gooi melk in ’n kastrol en voeg sago by. Verhit oor lae hitte en laat prut tot sago deurskynen­d is. Roer nou en dan. Voeg die 100 g suiker, sout en botter by. Meng goed. Voeg die geklitste eiergele by en meng goed. Skep mengsel in twee ronde oondbakke met ’n deursnee van sowat 12 cm. Stip aarbeikonf­yt bo-op. Klits eierwitte styf en voeg die 100 g strooisuik­er lepel vir lepel by. Klits tot stywe meringue vorm. Skep meringue op die sagomengse­l en plaas in oond. Bak 20 – 25 minute. Sit warm voor met vars vye.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa