Sarie Kos

KLAPPERBRO­OD- POEDING

-

(bl. 20) Die anysgeur in die mosbolletj­ies maak die broodpoedi­ng besonder lekker. Koop mosbolletj­ies by ’n bakkery, of vervang dit met witbrood of selfs croissants.

GENOEG VIR 4 – 6

• 6 EIERS

• 200 G (240 ML) STROOISUIK­ER

• 250 ML ROOM

• 1 X 400 ML-BLIK KLAPPERROO­M

• 16 DUBBELE MOSBOLLETJ­IES

• VARS KLAPPERSTU­KKE

Verhit oond tot 180 °C. Breek eiers in mengbak van elektriese menger. Klits en voeg suiker bietjiesge­wys by. Klits verder tot lig en romerig. Verhit room tot net voor kookpunt in ’n groot kastrol. Haal kastrol af van hitte en voeg geklitste eiermengse­l by. Roer goed en plaas terug op lae hitte. Voeg klapperroo­m by en hou aan roer met houtlepel tot vla verdik het. Die vla moet die agterkant van die houtlepel goed bedek. Haal kastrol af van hitte en hou eenkant. Smeer ’n oondbak van sowat 25 x 20 cm en 5 cm diep met botter. Sny mosbolletj­ies soos brood op in snye en pak styf langs mekaar in bak. Gooi vla oor mosbolletj­ies en plaas bak in oond. Bak sowat 35 minute tot vla gestol het en poeding mooi bruin is bo-op. Gebruik ’n groenteski­ller en maak skaafsels van die vars klapperstu­kke. Haal poeding uit oond en rangskik skaafsels bo-op. Sit warm voor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa