KER­SIE­GE­BAK (CLA­FOU­TIS)

Sarie Kos - - Stylkos -

(bl. 25) Hier­die tra­di­si­o­ne­le Fran­se na­ge­reg word ge­woon­lik met vars ker­sies ge­maak. Ek ge­bruik ge­blik­te ker­sies en dit werk net so goed.

GE­NOEG VIR 4 – 6

• 400 ML ROOM • 5 ML VA­NIEL­JE­GEUR­SEL • 200 ML MELK • 6 EI­ERS • 100 G (120 ML) STROOI­SUI­KER • 140 G (250 ML) KOEK­MEEL • 2 X 425 G-BLIK­KE ONT­PIT­TE SWART KER­SIES, GE­DREI­NEER • VER­SIER­SUI­KER OM BO-OP TE SIF • BE­VRO­RE KER­SIES VIR GAR­NE­RING

Ver­hit oond tot 180 °C. Ver­hit room en va­niel­je­geur­sel saam in ’n ka­strol tot net voor kook­punt. Haal af van hit­te en voeg melk by. Laat af­koel. K­lits ei­ers, sui­ker en meel saam tot lig en ro­me­rig. Voeg room­meng­sel by en meng goed. Voeg ker­sies by en meng goed deur. Spuit ’n koek­pan van 15 cm in deur­snee en 7 cm diep met kleef­we­ren­de kos­sproei. Gooi be­slag in pan en plaas in groot oond­bak. Gooi kook­wa­ter in oond­bak tot half­pad teen koek­pan se wand op. Plaas in oond en bak 45 mi­nu­te. Haal ver­sig­tig uit en keer uit op op­dien­bord. Sif bie­tjie ver­sier­sui­ker bo-op en gar­neer met be­vro­re ker­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.