Sarie Kos

Dekadent lekker

Hoe laat jy ’n warm brownie nog lekkerder smaak? Met ’n laag van LANCEWOOD se heerlike roomkaas bo-op! Rond dit af met LANCEWOOD-mascarpone en vars frambose

- Besoek www.lancewood.co.za vir nog resepte

WARM ROOMKAAS- BROWNIES

GENOEG VIR 6 – 8

• 250 g (270 ml) botter, in blokkies gesny • 300 g 70%-donkersjok­olade • 3 eiers • 250 g (315 ml) bruinsuike­r • 100 g (180 ml) koekmeel • 5 ml bakpoeier • 230 g LANCEWOOD Low Fat CREAM CHEESE • 250 g LANCEWOOD Triple cream MASCARPONE • 125 g frambose ( raspberrie­s) Verhit oond tot 170 °C. Maak seker die oondrak is in die middel van die oond. Voer die bodem van ’n vierkantig­e koekpan van 22 x 22 cm uit met bakpapier. Spuit pan goed met kleefweren­de kossproei. Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Sit botter en sjokolade in ’n bak wat bo-op die kastrol pas. Plaas bak op kastrol – maak net seker die water raak nie aan die bak nie. Skakel plaat af en laat sjokolade en botter smelt. Roer af en toe. Klits eiers en suiker saam tot lig en romerig. Vou gesmelte sjokolade-enbotterme­ngsel in eiermengse­l in. Sif droë bestanddel­e saam en vou in mengsel in. Gooi in koekpan. Smeer roomkaas bo-op. Plaas in oond en bak 55 – 60 minute. Druk ’n dun toetspenne­tjie in om seker te maak dis gaar. Haal uit en keer gaar brownie- laag versigtig uit op ’n plank. Sny in blokke en sit warm voor met mascarpone en frambose.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa