Sarie Kos

ONTBEENDE VARKNEK GEKOOK IN MELK

-

GENOEG VIR 6 – 8 • 1 ontbeende varknek, sowat 1,5 kg • 30 ml olyfolie • 15 ml botter • 1 ui, fyngekap • 1 wortel, in klein blokkies gesny • 2 preie, in skywe gesny • 4 heel knoffelhui­sies • 15 ml koekmeel • 500 ml melk • hand vol vars pietersiel­ie • 2 lourierbla­re • sout en varsgemaal­de swartpeper

Bind ontbeende varknek met tou vas, sodat vleis sy vorm behou terwyl dit kook. Verhit olyfolie en botter saam in groot kastrol. Braai varknek rondom tot bruin. Haal uit en hou eenkant. Verlaag hitte en braai ui, wortel, preie en knoffel tot sag. Voeg meel by en roer goed deur. Plaas varknek bo-op groente en voeg melk, pietersiel­ie – dit hoef nie gekap te wees nie – en lourierbla­re by. Geur met sout en peper. Maak toe met deksel en laat prut 1½ uur oor lae hitte. As jy die deksel oopmaak, moet jy nie skrik nie – die melk sal skif en dit lyk nie baie aangenaam nie. Wanneer die varknek gaar en sag is, haal uit en hou warm eenkant. Verwyder die lourierbla­re. Gooi melkmengse­l in ’n voedselver­werker of versapper en verpulp tot fyn. Sny varknek in skywe en plaas op opdienbord. Gooi sous oor en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa