Sarie Kos

Nostalgies oor kos

Kostalgie is Barbara se derde kookboek. Al die lande waarheen sy al gereis het, word vasgevang met geure van haar lewe

- deur BARBARA JOUBERT foto’s MICKY HOYLE

Barbara Joubert loop ’n pad met kos. Soms is dit ’n reguit pad met ’n heerlike nostalgies­e afdraai; ander kere volg sy ’n onverwagse kinkelpad na ’n heel nuwe proebestem­ming. Hoe haar pad ook al vurk, met Barbara is kos immer gelaai met opwinding en afwagting.

’n Paar jaar gelede het sy en haar gesin Parys in Frankryk besoek om te verken, én te proe. Ná die tyd skryf sy: “Ek het my oorgegee aan die stad, aan haar buie en ritmes, maar veral aan haar geure ...”

En so is dit met Barbara; sy gee haar volkome oor aan elke kosondervi­nding, en dít is wat sy met ons deel in hierdie manjifieke kyk-lees-geniet-kookboek.

Haar inspirasie vir die 80 resepte lê in die vele herinnerin­ge en ervarings wat sy koester.

Veral dié van gunsteling-plekke, elk ryk aan eie stories, skakerings en smake. Van haar geliefde Karoo waar gestopte lamsboud-bederfkos op Ouma en Oupa se tafel was en skons en vyekonfyt op warm somermidda­e vir tee voorgesit is, tot Portugal wat haar eerste besoek oorsee was en waar sy met vreemd-smaaklike geregte soos die savojekool-aartappelp­ot, caldo verde, kennis gemaak het.

In Engeland het sy nege maande lank gebly, en sy onthou Londen se triestige mis so goed soos porkpies en warm tamatiesop. Sy erken sy was nog nooit in Turkye nie, maar avontuurli­ke etes en haar huwelikson­thaal by die ikoniese restaurant Anatoli in Kaapstad het ’n wêreld van Midde-Oosterse geure vir haar oopgemaak – hoemoes en platbrood, slaai met quinoa en granaatpit­te, lamsvleisg­evulde eiervrug met rooi turksvye. Romantiese Italië en Frankryk kry ’n Suid-Afrikaanse

 ??  ??
 ??  ?? Uitgegee deur COPPERSMIT­H Beskikbaar by toonaangew­ende boekwinkel­s van middel Junie
Uitgegee deur COPPERSMIT­H Beskikbaar by toonaangew­ende boekwinkel­s van middel Junie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa