Sarie Kos

HALF-ONTBEENDE LAMSBOUD MET BROOD-EN-UIE VUL SEL

-

Koop ’n lamsboud wat nie geknak is by die skenkelbee­n nie. Hierdie boud word heeltyd toe gebak en sodoende vorm dit sy eie sous om saam mee voor te sit. Jy hoef ook nie die sous te verdik nie, want van die broodvulse­l sal uitkook en dit verdik die sous.

Vulsel • 4 snye witbrood (ek het hawermout

en-heuningbro­od gebruik) • 125 g (135 ml) botter • 2 uie, fyngekap • 3 knoffelhui­sies, fyngekap • 15 g pietersiel­ie, fyngekap • sout en varsgemaal­de peper

Lamsboud • 2 kg lamsboud • sowat 80 ml olyfolie • 100 ml worcesters­ous • sap van 1 suurlemoen • sout en varsgemaal­de peper • 8 – 10 klein uitjies • 4 groot aartappels, geskil en in lengte gehalveer • 1 groot blomkool, in groot stukke gebreek

Vulsel

Breek brood met korsies en al in groot stukke. Plaas in voedselver­werker en kap fyn tot broodkrumm­els. Smelt botter oor lae hitte in ’n diep pan. Voeg uie en knoffel by en braai tot sag en deurskynen­d. Haal af van hitte en voeg pietersiel­ie en broodkrumm­els by. Geur met sout en peper en laat heeltemal afkoel.

Half-ontbeende lamsboud

Verhit oond tot 180 °C. Ontbeen die boud tot by die skenkel. Sny vleis oop tot by skenkelbee­n. Die skenkelbee­n moet nog heel wees en gedeelteli­k aan die boudvleis geheg wees. As jy nie hiervoor kans sien, vra jou slagter om dit te doen. Plaas so 4 – 5 stukke lang tou op jou werkopperv­lak. Plaas boud bo-op toue. Vlek die ontbeende gedeelte oop en geur met sout en peper. Skep vulsel bo-op en vou vleis toe. Bind stewig vas met tou. Sprinkel helfte van olyfolie in oondrooste­rbak. Plaas boud in bak. Gooi worcesters­ous, suurlemoen­sap en res van olyfolie oor. Geur met sout en peper en maak bak stewig toe met foelie. Plaas in oond en bak 1 uur. Haal uit en haal foelie versigtig af. Pasop vir stoom wat ontsnap. Pak uie om boud en geur uie met sout en peper. Skep van die vleissappe wat uitgekook het oor uie. Maak bak weer stewig toe met foelie. Plaas terug in oond en oondbak nog 1 uur. Haal uit en haal foelie weer versigtig af. Draai uie om. Pak aartappels om boud en skep van die vleissappe oor vleis, uie en aartappels. Maak bak weer stewig toe met foelie en plaas terug in oond vir nog 1 uur. Vir die laaste halfuur: pak die blomkool om die boud in die sous. Maak weer stewig toe met foelie en plaas terug in oond vir 30 minute of tot blomkool sag is. Haal uit en plaas boud en aartappels op groot opdienbord. Skep al die sous in opdienbakk­ie en sit voor saam met uie en blomkool.

 ??  ??
 ??  ?? GENOEG VIR 6 – 8
GENOEG VIR 6 – 8

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa