Sarie Kos

LAM-EN-NIER THE PASTEL

-

GENOEG VIR 4-6

Ek het met lamsvleis in die Karoo grootgewor­d. Die bekendste pastei is seker steak-en-niertjie, maar ek verkies lamsvleis. • 140 g (250 ml) koekmeel • sout en varsgemaal­de peper • 12 lamsniertj­ies • 560 g ontbeende lamsboudbl­okkies • sowat 150 ml olyfolie • 1 groot wortel, skoongeskr­aap en

in stukkies gesny • 1 ui, fyngekap • 1 selderysti­ngel, in skyfies gesny • 2 knoffelhui­sies, fyngekap • 3 vars tiemietakk­ies • 2 lourierbla­re • 250 ml groente-aftreksel • 2 x 250 g-blaardeegv­elle • 1 eier, geklits Verhit oond tot 180 °C. Gooi meel in plat bak en geur met sout en peper. Sny niertjies oop en sny die senings uit. Sny in stukkieskk van so 3 cm groot. Plaas lamsvleis in bak en bedek goed met meel. Skud oortollige meel af en plaas vleis in ’n ander bak. Herhaal met niertjies en plaas in ander bak as lamsvleis. Verhit 100 ml van olyfolie in groot kastrol en voeg van die lamsvleis by – moenie als op een slag braai nie. Braai tot bruin en skep uit in bak. Hou eenkant en herhaal met res van lamsvleis. Braai niertjies in dieselfde kastrol tot bruin. Skep uit en hou eenkant in ander bak as die lamsvleis. Gooi res van olyfolie in dieselfde kastrol en voeg wortel, ui, seldery en knoffel by. Braai sowat 5 minute. Voeg nou die lamsvleis by groente. Voeg tiemie, lourierbla­re en aftreksel by. Geur met sout en peper en maak kastrol toe met deksel. Plaas in oond en oondbak 1 uur. Haal uit en voeg niertjies by. Maak kastrol toe met deksel en plaas terug in oond vir nog sowat 20 – 30 minute. Haal uit en skep in twee ronde diep bakke van sowat 18 cm in deursnee. Laat afkoel voor jy deeg opsit. Verhoog oond se temperatuu­r tot 200 °C. Plaas een vel deeg op elke bak. Vou die oortollige deeg wat oorhang na binne om die rand van die bak. Kyk hoe dit lyk op foto, dis nie nodig om af te sny nie. Verf met geklitste eier en maak ’n klein gaatjie in middel van deeg – dit sal die stoom help ontsnap. Plaas in oond en bak 35 – 40 minute tot deeg bros en goudbruin is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa