1 OONDGEBRAAIDE HEEL HOENDER
GENOEG VIR 4 Verhit oond tot 180 °C. Plaas 200 g (220 ml) sagte botter in ’n mengbak. Voeg hand vol grofgekapte basiliekruidblare en 4 fyngekapte knoffelhuisies by. Meng goed. Maak vel op die maagkant van 1 heel hoender los en skep bottermengsel onder vel in. Plaas hoender in oondbak en gooi 80 ml olyfolie en sap van 1 suurlemoen oor. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Maak bak toe met foelie en oondbak 30 minute. Haal foelie af en oondbak nog 1 uur. Haal uit en sit warm voor.