Sarie Kos

FILLODEEGP­AKKIES

-

GENOEG VIR 4 Verhit oond tot 180 °C. Vlok 200 g gaar hoender in stukke. Voeg 30 ml basiliekru­idpesto en 100 g gerasperde mozzarella­kaas by. Geur met sout en varsgemaal­de swartpeper. Plaas 4 velle fillodeeg op ’n werkvlak. Smelt 50 g (55 ml) botter. Smeer elke vel deeg met gesmelte botter. Vou elke vel in die breedte in die helfte. Verdeel hoendervul­sel in vier porsies en skep ’n porsie op elke gevoude deegvel. Vou deegvelle toe soos ’n pakkie en plaas op ’n uitgevoerd­e bakplaat. Smeer gesmelte botter op elke pakkie en plaas in oond. Bak 30 minute tot goudbruin en bros.

 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa