Sarie Kos

GEVULDE HOENDERBOR­SIES

-

GENOEG VIR 4 Verhit oond tot 180 °C. Sny ’n diep keep aan die dik kant van 4 ontbeende hoenderbor­sies sonder vel. Plaas ’n groot basiliekru­idblaar in elke borsie. Sny 8 pikantriss­ies (peppadews) op in stukke en skep ’n porsie in elke borsie, saam met 1 sny mozzarella­kaas. Steek die oopgesnyde kant toe met ’n tandestokk­ie. Plaas hoenderbor­sies in ’n oondbak en sprinkel sowat 80 ml olyfolie oor. Geur met sout en varsgemaal­de swartpeper. Plaas 4 takkies vars tiemie bo-op en oondbak sowat 30 minute tot gaar. Smelt 25 g (30 ml) botter in ’n pan en braai 200 g vars aspersies sowat 5 minute. Sit voor saam met hoenderbor­sies.

 ??  ?? 5
5

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa