Sarie Kos

SOETSUUR HOENDER

-

GENOEG VIR 4 Sny 12 ontbeende hoenderdye sonder vel op in blokke. Plaas stukke in ’n mengbak en bedek met bietjie koekmeel. Verhit 60 ml kanola-olie in ’n diep pan en braai hoenderblo­kke tot bros en gaar. Gooi 50 g (60 ml) suiker, 30 ml sojasous, 60 ml pynappelsa­p, 60 ml witasyn, 2 fyngekapte knoffelhui­sies en 5 ml gekapte vars gemmer in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en laat prut tot suiker opgelos het. Meng 15 ml mielieblom met ’n klein bietjie water om gladde pasta te maak. Voeg by sous en roer tot dit verdik. Gooi sous oor hoender en sit voor saam met skywe ui.

 ??  ?? 6
6

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa