HOEN­DER- TA­COS

Sarie Kos - - 30 Resepte -

GE­NOEG VIR 4 Ver­hit oond tot 180 °C. Sny 400 g gaar hoen­der in k­lein stuk­kies. Plaas hoen­der in meng­bak. Sny ’n 10 cm-stuk kom­kom­mer in k­lein blok­kies. Sny 200 g k­lein ro­sa­ta­ma­ties in kwar­te en voeg saam met kom­kom­mer by hoen­der. Kap 2 spriet­uie, 1 knof­fel­hui­sie en 1 groen brand­ris­sie fyn. Voeg by hoen­der en meng goed. Voeg 125 g crè­me fraî­che (suur­room) by en geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Meng goed. Plaas 8 ta­co-skul­pe op bak­plaat en plaas in oond vir so­wat 3 mi­nu­te. Haal uit en plaas ’n paar stuk­ke blaar­slaai (van jou keu­se) in el­ke ta­co. Skep van die hoen­der in en sit da­de­lik voor.

10

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.