WARM HOEN­DER-ENAARTAPPELSLAAI

Sarie Kos - - 30 Resepte -

GE­NOEG VIR 4 Plaas 8 Me­di­ter­reen­se ba­ba-aar­tap­pels in ’n ka­strol. Be­dek met wa­ter en plaas op stoof­plaat. B­ring tot kook­punt en laat kook tot sag. Sny 4 ont­been­de hoen­der­bor­sies son­der vel in k­lein stuk­ke. Ver­hit 60 ml o­lyf­o­lie en 25 g (30 ml) bot­ter in ’n pan. Voeg hoen­der en 2 fyn­ge­kap­te knof­fel­hui­sies by. Braai tot gaar en geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Meng 100 ml o­lyf­o­lie, 5 ml Di­jon-mos­terd, sap van 1 suur­le­moen en 1 fyn­ge­kap­te knof­fel­hui­sie goed saam. Geur met sout en pe­per. Drei­neer aar­tap­pels in ver­giet­tes en hal­veer. Plaas aar­tap­pels en hoen­der saam in groot bak en gooi sous oor. Voeg

40 g vars ro­ket­bla­re by en meng goed deur.

11

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.