HOEN­DER-MA­CA­RO­NI- EN-KAAS

Sarie Kos - - 30 Resepte -

GE­NOEG VIR 4 Ver­hit oond tot 180 °C. Kook 250 g ma­ca­ro­ni vol­gens aan­wy­sings op pak. Drei­neer en hou een­kant. S­melt 55 g (60 ml) bot­ter in ’n ka­strol. Voeg 35 g (60 ml) koek­meel by en roer tot glad. Voeg 400 ml melk bie­tjies­ge­wys by en roer tot glad. Hou aan roer tot sous ver­dik het. Geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per en voeg 200 g ge­ras­per­de ched­dar­kaas by. Roer tot kaas ge­smelt het. Gooi sous oor ma­ca­ro­ni en voeg 250 g ge­vlok­te gaar hoen­der by. Meng goed en gooi ma­ca­ro­ni in oond­bak van 20 x 15 cm. Sprin­kel nog 50 g ge­ras­per­de ched­dar­kaas bo-oor. Sny 2 groot ta­ma­ties in sky­we en rang­skik op ma­ca­ro­ni. Plaas in oond en bak so­wat 35 – 40 mi­nu­te.

17

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.