Sarie Kos

HOENDEROME­LET

-

GENOEG VIR 2 Breek 100 g gaar hoender in stukke. Klits 6 eiers en 30 ml crème fraîche (suurroom) saam in ’n mengbak.

Geur met sout en varsgemaal­de swartpeper. Smelt 25 g (30 ml) botter in twee panne met ’n deursnee van 15 cm elk. Verdeel eiermengse­l tussen twee panne. Wag tot eier aan

pan se buiterand begin stol. Skraap nou die eier met spatel (spatula) van die rand af na pan se middel. Herhaal ’n paar keer, maar moenie roer nie. Sny 4 skywe ham in blokkies en sprinkel bo-op omelette. Rangskik hoenderstu­kke bo-op en sprinkel 100 g gerasperde cheddarkaa­s op elke omelet. Maak panne toe met deksels en wag tot kaas gesmelt het. Vou omelette toe

en sit dadelik voor. Garneer met vars slaaiblare.

 ??  ?? 15
15

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa