SPAANSE HOENDER
GENOEG VIR 4 Verhit oond tot 180 °C. Verhit sowat 60 ml olyfolie in ’n diep pan en braai 4 hoenderdye met vel tot mooi bruin. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Voeg 4 gehalveerde klein uitjies, 2 fyngedrukte knoffelhuisies, 1 oranje soetrissie (in blokke gesny), 1 x 400 g-blik kersietamaties, 125 ml witwyn en 1 lourierblaar by. Meng goed en maak pan toe met deksel. Oondbak 1 uur. Haal uit en voeg 250 g Spaanse wors (chorizo), in skywe gesny, en 100 g groen gedreineerde olywe
by. Plaas oop terug in oond vir nog 20 minute.