Sarie Kos

KLEWERIGE HOENDERVLE­RKIES

-

GENOEG VIR 4 Verhit oond tot 180 °C. Meng 125 ml tamatiesou­s, 125 ml blatjang, 60 ml sojasous, 80 ml worcesters­ous en 1 fyngekapte knoffelhui­sie in ’n mengbak. Sny die punte van 16 hoendervle­rkies af en verdeel elke vlerkie in twee. Plaas vlerkies in oondbak en gooi sous oor. Meng sous goed deur vlerkies. Maak bak toe met foelie en plaas in oond. Haal foelie ná 30 minute af en bak nog 30 minute.

Sit voor met vars roket.

 ??  ?? 20
20

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa