Sarie Kos

PARMESAANK­AAS- SCHNITZELS

-

GENOEG VIR 4 Verhit oond tot 180 °C. Plaas 4 ontbeende hoenderbor­sies sonder vel tussen twee lae kleefplast­iek.

Kap borsies plat met vleishamer. Geur met sout en varsgemaal­de swartpeper. Gooi 30 g (55 ml) koekmeel in ’n plat bakkie. Bedek elke borsie met meel en skud oortollige meel af. Klits 1 eier en doop borsies in eier. Meng 155 g droë broodkrumm­els en 100 g gerasperde parmesaank­aas saam in ’n plat bakkie. Bedek borsies goed met krummelmen­gsel. Gooi helfte van 100 ml olyfolie op ’n bakplaat en plaas schnitzels bo-op. Sprinkel res van olyfolie oor. Oondbak sowat 20 minute en draai om. Bak nog 20 minute. Haal uit en sit voor met vars roket, parmesaank­aasskaafse­ls en vars suurlemoen­wiggies.

 ??  ?? 23
23

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa