Sarie Kos

BIERBROOD

-

Die geheim van hierdie brood is om dit in jou elektriese menger te maak.

GENOEG VIR 1 GROOT BROOD

• 375 G (670 ML) WITBROODME­EL • 1 X 10 G-PAKKIE KITSGIS • 375 ML BIER • 5 ML SOUT • 5 ML SUIKER

1 Verhit oond tot 220 °C. Plaas meel, gis en bier in bak van elektriese menger. Meng 2 minute by hoë spoed met mengspaan ( K-beater). Voeg sout en suiker by. 2 Meng nog 10 minute totdat deeg ’n bal vorm in die middel van die bak. Los deeg in bak en maak toe met kleefplast­iek. Laat rys 30 minute op ’n warm plek of tot dubbel die volume. 3 Spuit ’n bakplaat met kleefweren­de kossproei. Sif meel op ’n werkvlak en keer die deeg daarop uit. Sif ekstra meel bo-op. Vorm met vingerpunt­e ’n langwerpig­e brood. Tel brood versigtig en vinnig op en plaas in een beweging op voorbereid­e bakplaat. Plaas in oond en bak 45 minute. 4 Haal uit en sit warm voor met koue bier.

 ??  ??
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa