Sarie Kos

BASIESE WITBROOD

-

Die resep het slegs vier bestanddel­e. Die patroon bo-op verseker dat die brood egalig rys.

GENOEG VIR 1 RONDE BROOD

• 5 G KITSGIS • 340 ML LOUWARM WATER • 550 G (980 ML) WITBROODME­EL • 10 G SOUT

1 Verhit oond tot 200 °C. Plaas gis en water in ’n mengbak. Voeg meel en sout by en meng met een hand tot ’n deeg vorm. Strooi meel liggies oor ’n werkvlak en plaas deeg daarop. 2 Druk deeg aan die een kant stewig vas met die palm van jou een hand terwyl jy dit met die ander hand in een beweging van jou af wegdruk. Sodra jy deeg weggedruk het, bring dit weer terug met jou vingerpunt­e. Vou dele wat jy terugbring oor die deeg wat op die werkvlak lê. Jou een hand hou die deeg vas terwyl die ander die werk doen. Herhaal die knieproses tot deeg elasties is en ’n gladde voorkoms kry. Plaas deeg in ’n groot mengbak wat liggies met kleefweren­de kossproei gespuit is. Bedek met kleefplast­iek en laat rys sowat 30 minute of tot volume verdubbel het. 3 Knie deeg af en vorm ’n ronde brood. Laat rys 15 minute op warm plek of tot volume verdubbel het. 4 Gebruik ’n skerp mes of skeermesle­mmetjie en sny ’n patroon bo-op die brood. Bak 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar.

 ??  ??
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa