Sarie Kos

DIE GROEN TEEN DIE ROOI

Ons kosredakte­urs swaai appels oor ’n tert!

- Peter Veldsman foto’s MICKY HOYLE

Op die tafel voor my is twee terte, nou nie Barbara Joubert en Herman Lensing nie, maar twee appelterte. Tert een is van Golden Delicious-en Granny Smith-appels berei en tert twee van rooies. Die eerste dubbel so groot soos die tweede. En ek is in die duister oor watter tert by watter kosredakte­ur hoort.

In my SARIE-dae het ek die bekende kookskoole­ienaar Lesley Faull se Howard’s Apple Pie van ’n pastei in ’n tert verander en nogal gedink dit was iets besonders. Daar was ’n appel-en-klapperter­t, tarte tatin, Franse appelrandt­ert … ag, ek kan aangaan, maar dis nie hier ter sprake nie. Dis oor die nou en nie oor die gister nie.

Barbara en Herman het my gevra om te kies watter een van hulle die beste appeltert kan bak. Ek proe hier, snuif daar, peusel ’n stukkie …

Die tert wat van die groen appels gemaak is, laat my toe dink aan ’n Switserse appeltert wat jare gelede by die Mount Nelson Hotel voorgesit is en waarvan ek die resep gekry het, en wat toe op SARIE se bladsye gepronk het. Volg die resep op bl. 56, maar voeg ‘n halwe koppie muesli by die appels en 10 minute voor die einde van die baktyd strooi jy ‘n mengsel van hawermout gemeng met gekapte okkerneute en korrelsuik­er oor.

Maar dis oor die tert van rooi appels dat ek regtig opgewonde raak. O, ek loop in Normandië met sy beeste, room, appelboord­e en Calvados (appelbrand­ewyn). Of in die vallei van die oes – Ceres! Of daar by my vriende by Vyeboom in Elgin se distrik. Beslis my wentert! –

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa