Sarie Kos

BARBARA SE FRANSE APPELTERT

-

Vir my moet ’n appeltert lekker lig wees – dis die vulsel wat belangrik is. Die bakproses is langdradig, maar beslis die moeite werd. Jy kan die tert warm of by kamertempe­ratuur voorsit.

GENOEG VIR 2 TERTE VAN 20 CM

DEEG • 195 G (210 ML) ONGESOUTE BOTTER, IN

BLOKKIES GESNY • 330 G (590 ML) KOEKMEEL • KNIPPIE SOUT • 40 G (45 ML) STROOISUIK­ER • 2 EIERGELE • 60 – 75 ML YSWATER

VULSEL • 10 ROOI APPELS • BIETJIE SOUT • 70 G (85 ML) STROOISUIK­ER • 2,5 ML FYN KANEEL • 1 EIER • 70 G (85 ML) STROOISUIK­ER • 35 G (60 ML) KOEKMEEL • 200 ML ROOM • 60 ML CALVADOS (APPELBRAND­EWYN) OF

ENIGE ANDER GOEIEGEHAL­TE-BRANDEWYN • SOWAT 40 G (50 ML) STROOISUIK­ER OM

BO-OP TE SPRINKEL • MASCARPONE­KAAS VIR VOORSIT

DEEG Plaas botter en meel in voedselver­werker en meng tot dit soos broodkrumm­els lyk. Voeg sout, suiker en eiergele by en meng. Terwyl voedselver­werker loop, voeg water lepelsgewy­s by tot deeg vorm. Haal deeg uit en maak toe met kleefplast­iek. Plaas in yskas vir 30 minute. Verhit oond tot 180 °C. Spuit 2 losboom-quiche-panne van 20 cm met kleefweren­de kossproei. Haal deeg uit yskas en verdeel in twee. Rol albei stukke baie dun uit op meelbestro­oide werkvlak. Voer panne uit met deeg, maar laat oortollige deeg oor die rand van panne hang. Prik bodem met ’n vurk. Plaas panne op groot bakplaat. Plaas ’n groot stuk bakpapier in elke pan. Vul met droë boontjies en plaas in oond. Bak 15 minute. Haal uit oond en verwyder papier en bone. Sny deeg wat oor die rande hang versigtig af met ’n baie skerp mes. Plaas tertkorse weer in oond vir 10 minute. Haal uit en laat afkoel. VULSEL Skil appels en plaas in groot bak met koue water. Voeg sout by water om te keer dat appels verbruin. Halveer appels en verwyder stronke. Sny in baie dun skyfies. Hou in soutwater tot jy dit benodig. Plaas al die appelskywe op kombuispap­ier om droog te raak. Plaas in mengbak en gooi die eerste 70 g strooisuik­er en kaneel oor. Meng goed tot al die appels bedek is. Pak appels styf teen mekaar (sien FOTO bo) op kors. Plaas in oond en bak 20 minute. Haal uit en hou eenkant. Klits eier, die tweede 70 g strooisuik­er en meel tot lig en romerig. Voeg room en brandewyn by en meng goed. Skep sous versigtig op appels. Plaas terug in oond en bak 10 minute. Haal uit en sprinkel 40 g strooisuik­er oor. Plaas terug in oond vir 20 – 30 minute tot sous gestol het. Verhit rooster-element van oond en rooster tot mooi bruin boop. Haal uit en keer versigtig uit panne. Sit voor met mascarpone­kaas.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa