Sarie Kos

HERMAN SE APPELTERT MET KRUMMELBOL­AAG

-

Die Hollanders maak ’n soortgelyk­e tert. Die binnekant is byna soos kaaskoek, maar dit smaak soos appeltert.

GENOEG VIR 1 GROOT TERT

KORS • 230 G (250 ML) BOTTER • 140 G (250 ML) KOEKMEEL • 60 G (125 ML) VERSIERSUI­KER • 50 ML YSWATER

VULSEL • 2 EIERS • 250 ML SUURROOM (CRÈME FRAÎCHE) • 150 G (190 ML) SUIKER • 30 ML KOEKMEEL • 5 ML VANIELJEGE­URSEL • 2 ML SOUT • 2½ KOPPIES (625 ML OF 2 – 3) APPELS, ONTKLOK EN FYNGEKAP (HELFTE GOLDEN DELICIOUS EN HELFTE GRANNY SMITH) • SAP EN GERASPERDE SKIL VAN 1 SUURLEMOEN

KRUMMELBOL­AAG • 110 G (125 ML) SUIKER • 45 G (80 ML) MEEL • 5 ML KANEEL • 55 G (60 ML) BOTTER, GROFGERASP­ER

KORS Plaas botter, meel en versiersui­ker in voedselver­werker se mengbak. Pols by hoë spoed tot dit tekstuur van fyn krummels kry. Terwyl menger loop, voeg water by tot mengsel in een bal saamkom. Draai deeg toe in kleefplast­iek en laat rus vir 20 minute in yskas. Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg met koekroller op meelbestro­oide werkvlak uit tot sowat 3 mm dik. Spuit losboom-koekpan van 30 cm goed met kleefweren­de kossproei en voer uit met deeg. Laat in yskas afkoel terwyl jy die vulsel maak. VULSEL Plaas eiers, room, suiker, meel, vanielje en sout in voedselver­werker se mengbak. Pols tot goed gemeng. Voeg appels by en meng deur. Voeg sap en skil van suurlemoen by en meng goed deur. Haal kors uit yskas en bak dit blind vir 15 minute. Laat afkoel en skep vulsel in kors. Bak 20 minute terwyl jy die krummelbol­aag maak. KRUMMELBOL­AAG Gooi al die bestanddel­e vir die krummelbol­aag in ’n middelslag-mengbak en meng tot dit soos growwe sand lyk. Haal tert uit oond en versprei bolaag eweredig oor vulsel. Bak nog 20 minute of tot krummelbol­aag goudbruin en bros is. Laat afkoel en verwyder uit pan. Sit louwarm voor met vla.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa