Sarie Kos

5 MINUTE MET ... BERTUS VAN NIEKERK

-

GARAGE-WYNMAKER Osbloed Wyne Eagle-singel 33 Somerset-Wes 083 400 2999 VERTEL ONS MEER VAN DIE MAN AGTER OSBLOED? Toe ek ’n laerskool seuntjie in Windhoek was, het my pa sy wyn gebêre onder die werktoonba­nk in die garage, waar hy al sy stokperdji­es beoefen het. Wanneer hy gebraai het, het hy altyd vir my gesê: “Boeta, gaan haal vir Pa ’n bottel osbloed in die waenhuis.” Ek het altyd fyn na die etikette gekyk en nooit die woord “osbloed” daar gesien nie. Dit was lank my droom om wyn onder die Osbloed-etiket te bemark. Ek drink self niks anders as net die beste koffie en wyn nie. Dis ’n eenvoudige manier om vreugde in elke dag te sit. WAT HET JOU GEÏNSPIREE­R OM JOU EIE WYN TE MAAK? In 1997 het ek in die parsseisoe­n by Hamilton Russell Vineyards naby Hermanus gewerk en toe het die gogga my behoorlik gebyt. Maar ek het dit eers in 2010 in my waenhuis in Somerset-wes reggekry om wyn te maak – ’n vat Cabernet Sauvignon en ’n vat Chardonnay. Aanvanklik het ek gedink ons sou die wyn vir tuisgebrui­k hou, maar toe kom dit mooier in die bottel as wat ons verwag het en vriende begin tou staan om daarvan te koop! WAT BEHELS WYNMAAK IN JOU GARAGE? My garage is nie toegerus met moderne kelderte gnologie nie; dus maak ek wyn op ’n baie tradisione­le manier. My masjiene is baie basies, niks wat met elektrisit­eit werk nie. Dis soos om kos te maak met die minimum-toerusting. Dis egter ’n baie bevredigen­de proses, want ek is dwarsdeur die gistingspr­oses intiem betrokke by die geure, kleure en teksture van die druiwe en sap. WAT DINK JY MAAK JOU WYN ANDERS AS SOORTGELYK­E TUISGEMAAK­TE WYNE? Ek drink soveel eksotiese wyn van regoor die wêreld as wat ek kan. Ek probeer om wyn te maak wat uniek is, maar steeds klassiek en van uitsonderl­ike gehalte. Die natuurlike manier waarop ek te werk gaan, maak my wyn sagter en makliker om te drink as dit jonk is, terwyl dit nie verouderin­gspotensia­al verloor nie. WAT IS JOU BESTE WYNHERINNE­RING? Ek het lank gesoek na ’n bottel George Spies 1966 (my geboorteja­ar) Cabernet Sauvignon, omdat dit volgens legende die beste wyn is wat nog in Suid-afrika geprodusee­r is. Twee jaar gelede het my vriend Johan Kotze (wat ook die foto vir hierdie artikel geneem het) gereël dat ek ’n bottel daarvan as geskenk kry.

WAAR KAN ONS LESERS JOU WYN KRY? Dis die maklikste om my op Facebook te kontak. Ek maak slegs 250 bottels van elke unieke vat wyn en elke bottel is ’n versamelst­uk. Ek koerier graag landwyd.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa