Sarie Kos

Chilli con carne-sop met kaas-enuie-broodjies

-

(bl. 59) ’n Perfekte kombinasie. Jy kan nog meer brandrissi­e by die sop voeg as dit nie sterk genoeg is vir jou nie, of jy kan dit heeltemal weglaat as jy nie van brandkos hou nie.

GENOEG VIR 6

• 50 ML OLYFOLIE • 1 KG BEESVLEISR­EPIES (SOOS WAT JY GEBRUIK OM ROERBRAAI TE MAAK) • 150 G KLAAR GESNYDE WORTELSTOK­KIES, IN BLOKKIES GESNY • 1 UI, FYNGEKAP • 1 SELDERYSTI­NGEL, IN BLOKKIES GESNY • 20 ML FYNGEKAPTE GROEN BRANDRISSI­E • 750 ML BEESVLEISA­FTREKSEL • 750 ML KOOKWATER • 1 LOURIERBLA­AR • 1 X 400 G-BLIK GEKAPTE TAMATIES • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 2 X 400 G-BLIKKE KEKERERTJI­ES ( chickpeas) • 1 X 400 G-BLIK LENSIES

KAAS-EN-UIE-BROODJIES • 50 ML OLYFOLIE • 2 UIE, IN RINGE GESNY • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 6 SNYE CIABATTA-BROOD • SOWAT 100 ML OLYFOLIE • 100 G GRUYÈREKAA­S, GERASPER

Verhit olyfolie in groot diep kastrol en braai vleisrepie­s sowat 15 minute. Voeg wortelblok­kies, ui en seldery by. Braai sowat 10 minute. Voeg brandrissi­e, beesvleisa­ftreksel, kookwater, lourierbla­ar en tamaties by. Geur met sout en peper. Maak kastrol toe met deksel en laat prut 1 uur. Dreineer kekerertji­es en lensies in ’n vergiettes. Spoel af met koue water. Voeg by sop en maak kastrol toe met deksel. Laat prut 3 uur. Haal deksel af en laat prut nog 1 uur. Kaas-en-uie-broodjies Verhit oond tot 200 °C. Verhit die 50 ml olyfolie in ’n pan. Voeg uie by en maak pan toe met deksel. Braai oor lae hitte tot uie sag is. Haal deksel af en braai oop tot goudbruin. Geur met sout en peper. Hou eenkant. Plaas snye brood op ’n bakplaat en sprinkel die 100 ml olyfolie weerskante van elke sny brood. Oondbraai sowat 15 minute tot bros. Haal uit oond en verdeel gerasperde kaas tussen snye. Plaas terug in oond tot kaas gesmelt het. Haal uit oond en skep gebraaide uie op elke broodjie. Sit warm voor saam met sop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa