Sarie Kos

Sampioenro­omsop met gevulde sampioene

-

(bl. 62) Die room maak die sop nogal ryk, en die gevulde sampioen is ook baie vullend – waarlik ’n maaltyd op sy eie.

GENOEG VIR 4

GEVULDE SAMPIOENE • 40 ML OLYFOLIE • 250 G STREPIESPE­K ( streaky) • 400 G CHEVIN-BOKMELKKAA­S • HAND VOL VARS BASILIEKRU­IDBLARE, GROFGEKAP • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 4 GROOT BRUIN SAMPIOENE • SOWAT 60 ML OLYFOLIE

SAMPIOENRO­OMSOP • 60 G (65 ML) BOTTER • 1 UI, FYNGEKAP • 2 KNOFFELHUI­SIES, FYNGEKAP • 500 G PORTABELLI­NI-SAMPIOENE, IN KWARTE GESNY • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 250 ML MELK • 250 ML ROOM

Gevulde sampioene Verhit oond tot 200 °C. Verhit die 40 ml olyfolie in ’n pan en braai spek tot bros. Dreineer spek op kombuispap­ier. Plaas bokmelkkaa­s in ’n mengbak. Voeg gebraaide spek en basiliekru­id by. Meng goed en geur met sout en peper. Vul sampioene met vulsel en plaas in oondbraaib­ak. Sprinkel 60 ml olyfolie oor en bak sowat 30 minute in warm oond. Sampioenro­omsop Smelt botter in diep kastrol en braai ui en knoffel tot sag en deurskynen­d. Voeg gesnyde sampioene by. Geur met sout en peper en maak kastrol toe met deksel. Laat kook tot sampioene sag is. Skep sampioenme­ngsel in voedselver­werker en verpulp. Skep terug in kastrol en voeg melk en room by. Geur weer indien nodig. Verhit tot net voor kookpunt. Skep sop in opdienbakk­ies en plaas ’n sampioen in middel van sop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa