Sarie Kos

Aartappel-en-aspersieso­p met varkvleis-frikkadell­e

-

(bl. 61) Die geur van die aspersies in die sop en die vleiserigh­eid van die maklike frikkadell­e sorg vir ’n besonder lekker smaak.

GENOEG VIR 4

• 40 ML OLYFOLIE • 1 UI, FYNGEKAP • 2 KNOFFELHUI­SIES, FYNGEKAP • 400 G VARS GROEN ASPERSIES • 6 MIDDELSLAG-AARTAPPELS, GESKIL EN IN BLOKKE GESNY • 1 LITER HOENDERAFT­REKSEL • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 8 VARKWORSIE­S • 60 ML OLYFOLIE • 25 G (30 ML) BOTTER • 250 G CRÈME FRAÎCHE (SUURROOM)

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in diep kastrol en braai ui en knoffel tot sag en deurskynen­d. Hou 100 g van aspersies eenkant. Halveer res van aspersies en voeg by mengsel in kastrol. Voeg aartappels en hoenderaft­reksel by. Geur met sout en peper en maak kastrol toe met deksel. Laat prut 30 – 45 minute tot sag. Druk vleis uit worsies en vorm twee frikkadell­e van elke worsie. Sprinkel helfte van die 60 ml olyfolie op ’n bakplaat en plaas frikkadell­e bo-op. Sprinkel res van olyfolie oor frikkadell­e en plaas in oond. Oondbak sowat 20 minute en draai dan frikkadell­e om. Oondbak nog 15 minute en haal uit. Wanneer groente in sop sag is, skep helfte in voedselver­werker en verpulp. Hou puree eenkant en verpulp ander helfte van sop. Skep alles terug in pot en verhit tot net voor kookpunt. Smelt botter in pan en braai die 100 g aspersies wat jy eenkant gehou het sowat 3 minute. Geur met sout en peper. Skep frikkadell­e in sop en garneer met gebraaide aspersies. Sit voor met crème fraîche.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa