Sarie Kos

KOOK FLATERVRY

Gebeur dit partykeer dat iets skeef loop en jy’t geen idee hoe om dit reg te stel nie? Hier is ’n paar wenke

- deur TANYA PÖHL

BROS GEBRAAI

Voorkom dat groente pap braai in die oond. Verhit eers jou oondbraaib­ak 10 – 15 minute. As jy die groente in die warm bak plaas, sal die natuurlike suiker daarin karamellis­eer Sit dan die bak in die oond en oondbraai soos gewoonlik. Die resultaat is heerlike bros groente.

BÊRE DIT SÓ

Speserye bly langer vars in ’n koel donker plek soos ’n speserylaa­i – nie bo jou stoof in ’n speseryrak­kie nie. Humiditeit, lig en hitte beïnvloed die smaak en intensitei­t van die speserye.

TUISGEMAAK­TE ‘VLA’-TER

As jy tuisgemaak­te vla maak en die eiers skif ... gooi die geskifte vla in ’n koue mengbak om die kookproses te stop. Klits die vla sowat 1 minuut met ’n staafmenge­r en dis so goed soos nuut!

LEES

Lees ’n resep deur voor jy begin. Jy dink dalk jy weet presies wat om te doen, maar miskien misgis jy jou met die tegniek en dan val alles plat.

TE SOUT

Hoe gemaak as jy te veel sout by ’n gereg gegooi het? Eenvoudig, voeg vars suurlemoen­sap by om die smaak te verbeter.

ORIGE EIERWIT

Jy gebruik net die geel van ’n eier – wat nou gemaak met die wit? Eierwitte vries baie goed. Gooi dit in ’n bottel en sit in vrieskas. Ontdooi by kamertempe­ratuur.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa