Sarie Kos

BLOUKAAS EN ASPERSIES

-

(bl. 70) Stadig met die sout – bloukaas het klaar ’n baie sout smaak. Die vars aspersies pas baie goed by die soutigheid van die kaas.

GENOEG VIR 2

1. 200 G KORT VARS GROEN ASPERSIES 2. 25 G (30 ML) BOTTER 3. 250 ML ROOM 4. 200 G BLOUKAAS, GEKRUMMEL 5. 140 G PARMAHAM SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER 500 G GNOCCHI

Halveer aspersies. Smelt botter in ’n diep pan en braai aspersies sowat 5 minute. Voeg room by en laat prut oop tot room verdik het. Voef helfte van bloukaas by en roer tot gesmelt. Geur met baie min sout en peper. Sny parmaham in groot stukke en meng deur sous. Kook gnocchi volgens aanwysings op pak en dreineer in ’n vergiettes. Skep gnocchi in opdienbak en gooi sous oor. Meng versigtig deur en sit voor met res van bloukaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa