ROMERIGE TAMATIESOUS
(bl. 69) Geen uie is nodig in hierdie klassieke sous nie. Gooi die geblikte tamaties direk in ’n warm kastrol en kyk net hoe maklik.
GENOEG VIR 4
1. 2 X 400 G-BLIKKE GEBREEKTE TAMATIES 2. 250 ML ROOM 3. 2 KNOFFELHUISIES, FYNGEKAP 4. 100 G PARMESAANKAAS, FYNGERASPER 5. HAND VOL VARS BASILIEKRUIDBLARE,
GROFGEKAP SOUT EN VARSGEMAALDE SWARTPEPER 500 G FUSILLI-PASTA
Verhit ’n kastrol op stoofplaat. Gooi tamaties in kastrol en maak toe met deksel. Laat kook sowat 30 minute. Voeg room en knoffel by en geur met sout en peper. Laat prut nog 30 minute sonder deksel, tot sous verdik het. Voeg helfte van parmesaankaas by en meng goed deur. Kook pasta volgens aanwysing op pak en dreineer in ’n vergiettes. Gooi pasta in opdienbak en voeg sous by. Meng goed deur. Sprinkel basiliekruid bo-op en sit voor met res van kaas.