Sarie Kos

VARKWORSIE­S EN TAMATIES

-

(bl. 73) Vir hierdie gereg het jy goeiegehal­te-varkworsie­s nodig. Dit smaak vorentoe saam met die soetrissie­s en vars tamaties.

GENOEG VIR 4

1. 8 VARKWORSIE­S 2. SOWAT 60 ML OLYFOLIE 3. 2 ROOI SOETRISSIE­S 4. 400 G KLEIN ROSA-TAMATIES 5. HAND VOL VARS BASILIEKRU­IDBLARE,

GROFGEKAP SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER 500 G TAGLIATELL­E

Druk die vleis in die worsies uit op ’n broodplank. Verhit olyfolie in ’n diep pan en braai vleis tot byna gaar en lekker los. Voeg soetrissie­s en tamaties by en maak pan toe met deksel. Laat prut tot soetrissie­s en tamaties sag gekook het. Geur met sout en peper. Voeg basiliekru­id by en laat prut tot net sag. Kook tagliatell­e volgens aanwysings op pak en dreineer in ’n vergiettes. Voeg sous by en meng goed deur. Sit dadelik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa