Sarie Kos

SA SE MENEER MIKROKRUIE

Ontmoet die plaaslike vader van mikrokruie en babagroent­e: Steve Botha van Portervill­e in die Swartland. Hy is ’n veelbekroo­nde organiese groenteboe­r wat opnuut die koswêreld onderstebo draai – dié keer met iets genaamd saladini …

- teks MARGUERITE VAN WYK foto's WILLEM LOURENS produksie HERMAN LENSING

Tien jaar gelede het Steve Botha die eerste mikrokruie in Suid-Afrika gekweek. ‘’As jy in daardie tyd micro herb gegoogle het, was daar net 11 trefslae,’’ vertel hy. Vandag staan dit op 1,4 miljoen!

Steve se inspirasie was die dapper Spanjaard Ferran Adrià, op sy dag hoofsjef van die befaamde restaurant elBulli in Spanje se Costa Brava-streek. Dáár was dit niks snaaks om sommer jare vir ’n ete-afspraak te wag nie. elBulli het in Julie 2011 gesluit. Die plan is glo om dit as kreatiwite­itsentrum te open waar kos-eksperimen­te gedoen word (nie as restaurant nie).

Adrià het geglo aan die dekonstruk­sie van kos. Hy het ’n gereg dus “uitmekaarg­ehaal” volgens die soet, suur en sout van die bestanddel­e en dit dan op ’n ander manier herskep om ’n heel nuwe gereg te maak. ’n Bietjie soos Steve en sy mikrokruie en babagroent­e, want hy het eweneens met ’n kreatiewe oog na kruie en groente gekyk, en uiteindeli­k met allerlei nuwe dinge vorendag gekom.

Steve het in 2006 al die EAT INtoekenni­ng vir innovasie gekry danksy die waagmoed wat hy aan die dag gelê het met sy mikrokruie. In 2013 is sy ondernemin­g, Magic Herbs, ook met die EAT OUT-kostoekenn­ing in die aarde-kategorie bekroon. Hy spesialise­er in organiese groente, babagroent­e en mikrokruie, maar dit was veral sy erfstuktam­aties ( heirloom) en die saladini, Italiaans vir babakruie wat klaar ’n volledige blaartjie gevorm het, wat die beoordelaa­rs gaande gehad het.

Eintlik wou hy ná matriek – “baie, baie lank gelede” in die Vaaldrieho­ek – met skaap boer. ‘’Maar toe ek twaalf was, is my pa dood. Daar was nie geld nie.’’ Toe droom hy van wildbewaar­der en sjef word. “Ek het baie interessan­te dinge gedoen in my lewe. Agttien maande lank wás ek wildbewaar­der by Mabula Lodge in Limpopo. Een van my stokperdji­es was om slange te vang. Ek was ook lank ’n konsultant vir restaurant­e, en ’n kossmous. Maar jy weet nie altyd watter paaie die lewe met jou gaan loop nie.’’

So 22 jaar gelede was hy gereed om sy eie magic te skep. Toe soek hy grond en Magic Herbs begin – met groot sukses, soos ons vandag weet. ‘’Ek het al in die laerskool my eie ertjies geplant en was altyd lief daarvoor om ’n kruietuin te maak.’’

Hy swoeg daagliks – gewoonlik met ’n lied in die hart – op 4 hektaar grond op Portervill­e aan die voet van die Olifantsri­vierberge in die Wes-Kaap om sy bekroonde groente en mikrokruie, babagroent­e en saladini te verbou. Dié lappie grond huur hy by adv. Willie Duminy, ’n internasio­naal bekende olyfboer. “Ek plant nie op die volle 4 hektaar nie. Dele van die grond moet rus,” sê Steve prakties.

Watpresies is mikrokruie en -groente?

’n Plantjie word ’n mikrokrui genoem

Ek het al in die laerskool my eie ertjies geplant en was altyd lief daarvoor om ’n kruietuin te maak

Steve Botha

wanneer die saailing al eetbaar is, maar die volwaardig­e blare het nog nie ontwikkel nie. Jy knip die steeltjies af, spoel dit af in ’n bak water, dreineer dit in ’n sif, pak dit op ’n skoon vadoek en gebruik dit. Ek is die plaaslike agent vir mikrokruie­sade wat ek uit Asië, Nederland, Italië en Amerika aankoop. Self verbou ek nou 22 mikrokruie. (En hy kweek sy babagroent­e volgens ’n geheime formule.)

Het jy ’n gunsteling-mikrokrui?

Preie. Ek hou van kosmaak. In die winter, as dit tyd is vir lekker uiesop, sprinkel ek die mikropreie oor die sop. Dit lyk mooi en smaak heerlik.

Gunsteling-babagroent­e?

Erfstuk-tamaties ( heirloom) – sodra jy dit proe, sal jy weet hoekom ek dit kies. Die geheim vir lekker tamaties is om dit nooitooit in die yskas te sit nie. Laat hom sonryp word en gebruik hom. Of bêre hom op die vensterban­k tot hy ryp is.

Hoekom is jou werk jou passie?

Dit is ’n uitdaging om organies te boer, om die natuur te oorwin. Ek gebruik onder meer my tuisgemaak­te rissie-konkoksie en sproei dit op die plantjies as die pestilensi­es dit aanval. Ons gebruik koue, vars bergwater en boorgatwat­er om die groente nat te lei.

My ma het my al op skool geleer om kompos te maak sonder onnatuurli­ke produkte soos plastiek. Maar ek moet ook ekstra kompos aankoop.

Ek kry gedurig kompliment­e vir my produkte, veral my babagroent­e. Mense Ek kry gedurig kompliment­e vir my produkte, veral my babagroent­e. Mense is gek daaroor. Hulle sê dit is lekker

en lyk sexy

Steve Botha is gek daaroor. Hulle sê dit is lekker en lyk sexy.

Soms raak jy ’n bietjie keelvol vir die werk. In die somer werk ons van vyfuur soggens tot sesuur saans. Ek en my vriendin Mien, wat my help met administra­sie, gaan omtrent nooit weg nie. Die plantjies moet water kry en ons moet ’n ogie hou. [Daar is ook 22 voltydse werkers.]

Die toptien restaurant­e in die land, soos sjef Margot Janse van The Tasting Room op Franschhoe­k, koop almal by my. George Jardine van The Jordan Restaurant op die Jordan-wynlandgoe­d naby Stellenbos­ch (dié restaurant het al twee keer die San Pellegrino-lys van die wêreld se 100 beste restaurant­e gehaal) is ook mal oor my mikrokruie en babagroent­e. George het byvoorbeel­d in sy resepteboe­k Jardine, Cooking with an Accent na my bagagroent­e en mikrokruie verwys. Dit inspireer my.

Hoeveel groente en vrugte het jy al in een jaar hier gekweek?

In 2013 het ek agt soorte eiervrug gekweek en ses soorte beet, om ’n voorbeeld te noem. In 2005 en 2006 het ek 240 verskillen­de soorte produkte gekweek, waaronder 16 verskillen­de soorte rissies. Dit was toe rissies baie gewild was.

Wat maak jou nou opgewonde?

Saladini. Jy kan dit in slaai gebruik, en ook as garnering. Koskenners is baie opgewonde daaroor. Dit sluit onder meer basiliekru­id, beet, lusern, kerwel ( chervil), koljander, seldery, bronkors, blaarbeet, tatsoi (Oosterse blaargroen­te), wilde roket en ’n groot versamelin­g Oosterse mosterdbla­ar-kultivars in.

Voel jy nie ’n bietjie weggesteek op Portervill­e nie?

Ja, ek is 150 km van my naaste kliënt af. Ek wil graag nader aan die Kaap woon. Dit raak ’n bietjie eensaam hier. My vriende van 22 jaar gelede reken ek woon te ver om te kom kuier. Ek het omtrent die hele 22 jaar dat ek hier boer, self gery om al my produkte af te lewer. Nou het ek gelukkig drie mense wat my help.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa