Sarie Kos

Jenewer

Ons jenewer eggo die geure van fynbos, wat dit uniek Suid-Afrikaans maak

-

5 MINUTE MET ... LORNA SCOTT

JENEWERSTO­KER

Inverroche Distillery Fynbos Gin & Botanique Liqueur Laurenskri­k-landgoed Old Riversdale Road Stilbaai 028 754 2442 072 4474211 www.inverroche.co.za VERTEL ONS VAN DIE SPAN AGTER INVERROCHE. WAAR HET DIT BEGIN? Ons storie is gewortel in fynbos, ’n geskenk van die natuur waarmee die mensdom al van die begin af geseën is en wat sal bly voortbesta­an solank ons die omgewing beskerm waar dit floreer. Die talle unieke spesies fynbos hier in die suidwestel­ike kusgebied van die Wes-kaap deurdrenk ons produkte en gee dit ’n unieke kleur en geur. Ek het Inverroche Distillery in 2012 hier begin, naby Stilbaai. My seun, Rohan, is die stookmeest­er en hy beheer die produksie. My dogter, Lauren, het kookkuns op Stellenbos­ch gestudeer. Sy beplan om ’n restaurant op die perseel oop te maak, maar eers wil sy in België gaan draai om die kuns van sjokolade-maak te leer. Ek en sy is ook betrokke by produkontw­ikkeling. WAT HET JOU GEÏNSPIREE­R OM SELF JENEWER TE STOOK? Die hoofrede was die natuur se uitsonderl­ike oorvloed van aromatiese kruie, blomme en bessies wat oral op die plaas groei waar die stokery geleë is. Ons jenewer en ander drank eggo die geure van fynbos, wat dit uniek Suid-afrikaans maak. Die jenewer, rum en likeur is handgemaak, van die oomblik dat die fynbos geoes word totdat die etikette op die bottels geteken en geplak word. Die drank word in klein volumes in koperpotte gestook. Ons maak drie soorte jenewer, Classic, Verdant en Amber, en elkeen smaak anders. Ons hele ondernemin­g is op volhoubaar­heid gebou. Ons produk word reeds in 13 lande verkoop. Die buitelands­e mark is baie kompleks, wat dit moeilik maak om aan die aanvraag te voldoen. WATTER RAAD KAN JY AAN JONG JENEWERLIE­FHEBBERS GEE? Glo in jou produk nadat jy alles in jou vermoë gedoen het om seker te maak jy lewer net die beste aan die publiek. WAAR KAN ONS LESERS JOU JENEWER KRY? Dis plaaslik beskikbaar by uitsoek- winkels van Pick n Pay, Tops, Ultra en Makro, drankboeti­eks, direk van ons stokery en aanlyn by www.inverroche.co.za. WAT IS JOU DROME VIR JOU PRODUK? Ek wil hê my handelsmer­k moet op enige rak in die wêreld herkenbaar wees as Suid-afrikaans. My visie vir ons produk is om die storie van SuidAfrika te vertel – verlede, hede en toekoms – op ’n holistiese manier. AS JY ENIGE ANDER BEROEP KON VOLG, WAT SOU DIT WEES? Hierdie beroep is die enigste vir my.

 ??  ??
 ??  ??
 ?? deur TANYA PÖHL ??
deur TANYA PÖHL
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa