Sarie Kos

GEBRAAIDE PEER, OKKERNEUTE EN ROQUEFORTK­AAS

-

(bl. 93) Pere en okkerneute is goeie geurpasmaa­ts. Braai die pere saam met die neute vir ’n baie lekker slaai.

GENOEG VIR 4

• 200 G BABA-AARTAPPELS, GEHALVEER • 50 ML KANOLA-OLIE • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 3 PERE MET SKIL, GEHALVEER EN STRONK UITGEHAAL • 1 X 100 G-PAKKIE OKKERNEUTE, GROFGEKAP • 4 TAKKIES VARS SALIE • SAP EN GERASPERDE SKIL VAN 2 SUURLEMOEN­E • 1 X 40 G-PAKKIE WILDEROKET­BLARE • 200 G ROQUEFORT- OF BLOUKAAS

Verhit oond tot 220 °C. Gooi aartappels in kookwater en kook dit 8 minute. Dreineer en gooi in oondbraaib­ak. Sprinkel kanola-olie oor en plaas terug in oond. Oondbraai 10 – 15 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispap­ier en geur goed met sout en peper. Gooi gebruikte olie in oondbraaib­ak in groot braaipan en verhit. Plaas pere met gesnyde kant na onder in pan en braai 5 – 8 minute of tot pere begin verbruin. Voeg neute en salie by en meng deur. Voeg oondgebraa­ide aartappels, en sap en skil van suurlemoen­e by en geur goed met sout en peper. Plaas roket op opdienbord en skep warm slaai bo-op. Krummel kaas oor. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa