Sarie Kos

Filer met bier-en-sampioenso­us

-

Die bier gee die sampioenso­usi ’n aardse smaak .

GENOEG VIR 6 – 8

SOUS • 45 ML OLYFOLIE • 1 UI, FYNGEKAP • 500 G BRUIN SAMPIOENE, IN KWARTE GESNY • 340 ML BIER (LAGER OF ale) • 250 ML ROOM • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER

VLEIS • 80 ML OLYFOLIE • 45 ML GEROOKTE PAPRIKA • 8 BEESFILETP­ORSIES – JY KAN SELF BESLUIT HOE GROOT; KOOP DIE SOORT WAT MET ’N TOU VASGEBIND IS SOOS OP FOTO • 225 G CHORIZOWOR­S, IN RINGE GESNY • 400 G VARS KORT ASPERSIES SOUS Verhit olie in groot pot. Voeg ui en sampioene by en roerbraai 8 – 10 minute of tot sampioene sag, bruin en gaar is. Gooi bier by en kook tot bier met 2/ verminder het.

3 Gooi room by en kook verder tot dik romerige sous vorm – 5 – 8 minute. Geur baie goed met sout en peper. Hou eenkant. VLEIS Meng olyfolie en paprika. Gooi in groot glasbak en rol filetporsi­es in oliemengse­l tot heeltemal bedek. Geur goed met sout en peper. Verhit groot gietysterp­an (of riffelpan) tot warm – die rook moet letterlik uit die pan trek. Braai filette sowat 5 – 8 minute per kant as jy van mediumgaar vleis hou, of langer as jy dit so verkies. Haal vleis uit pan en laat eenkant rus terwyl jy chorizo en aspersies in dieselfde pan gaarmaak. Braai chorizo 5 minute in warm pan. Voeg aspersies by en braai nog 5 minute. Skep mengsel uit op opdienbord. Pak gaar filetporsi­es boop en gooi warm sous oor. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa