Sarie Kos

OP DIE TONG

-

’n Bier met ‘n goeie hopen-moutbalans is die beste pasmaat vir dié ryk gereg. Die bietjie bitterheid van die hop sny as ’t ware deur die ryk smake van die kaas, terwyl die mout die kaas se southeid aanvul. Devil’s Peak APA lei met ‘n prominente hopstyl, met ‘n ligte mout-teenwoordi­gheid en lae bitterheid.

Kies tussen ‘n mout-gedrewe bier soos English Ale, wat goed saam met die paprika in die gereg sal werk, of ‘n appel-gedrewe sider, soos Everson’s Single Varietal Cider. Dit boots die tradisione­le varken-appel-kombinasie na, met die sider se suurheid wat die vetterighe­id in die gereg help neutralise­er.

Gebruik ‘n Amber Ale of selfs ‘n donker stout-bier om die sampioenre­duksie te maak. Die mout in die biere sal die umami-effek van die gekaramell­iseerde sampioene en uie bevorder. Skink egter die CBC Pilsner om saam met die filet te geniet: die bier se moutbasis en hopbitterh­eid balanseer die gereg se romerighei­d.

‘n Tradisione­le Weissbier, veral een met prominente piesangaro­mas, sal die soet geure van die vla aanvul. Soek jy egter ‘n bietjie van ‘n kontras, moet jy die Belgiese vrugtebier Liefmans Fruitesse probeer. Dit het ‘n lieflike suur wat deur die room van die vla en die vetterighe­id van die doughnuts sny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa