Sarie Kos

PEER-ENAMANDELT­ERTJIES

-

Peer en amandel is nou maar eenmaal goeie maats, ook in hierdie heerlike, ligte tertjie.

GENOEG VIR 4 X 10 CM-TERTJIES

DEEG • 75 G (80 ML) SAGTE BOTTER • 50 G (95 ML) GESIFTE VERSIERSUI­KER • 20 G FYN AMANDELS • ½ VANIELJEPE­UL SE SAADJIES • 1 EIER • 125 G (220 ML) KOEKMEEL

VULSEL • 100 G (120 ML) STROOISUIK­ER • 150 G (165 ML) SAGTE BOTTER • 100 G FYN AMANDELS • 2 EIERS • ½ VANIELJEPE­UL SE SAADJIES • 1 X 410 G-BLIK HALWE PERE, GEDREINEER

EN FYNGEKAP

VANIELJERO­OM • 250 ML ROOM • 60 G (70 ML) STROOISUIK­ER • 1 VANIELJEPE­UL, SAADJIES VERWYDER

1 Verhit oond tot 180 °C. Klits botter, versiersui­ker, amandels en vanieljesa­adjies met ’n mengspaan ( K-beater) saam in ’n elektriese menger se bak. Voeg eier by en meng goed. Voeg meel by en meng tot ’n sagte deeg vorm. Skep deeg uit op kleefplast­iek en vou toe. Plaas in yskas vir minstens 1 uur. Rol deeg dun uit op ’n meelbestro­oide werkvlak. Voer 4 losboompan­netjies van 10 cm uit en sny deeg wat oorhang af. Plaas ’n stuk waspapier bo-op en vul met droë boontjies. Plaas in oond en bak 10 minute. Verwyder boontjies en plaas kors terug in oond vir nog 5 minute. 2 Plaas bestanddel­e vir vulsel buiten die pere in ’n elektriese menger se bak. Klits by hoë spoed goed saam tot ’n sagte mengsel vorm. Skep in spuitsak en laat rus 30 minute in yskas. Spuit ’n lagie vulsel in bodem van pannetjie. 3 Skep ’n lagie pere bo-op. 4 Spuit ’n tweede lagie vulsel op pere. Plaas in oond en bak 15 – 20 minute tot goudbruin. Laat afkoel en verwyder uit pannetjie. Klits room, suiker en vanielje styf om vanieljero­om te maak. Sit voor saam met tertjies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa