Sarie Kos

BROOD MET KAIINGS

-

As jy nostalgies is oor kos, grootgewor­d het op die platteland of eenvoudig van iets lekkers hou, moet jy hierdie resep probeer. Ons het geweet dit gaan goed as my ouma ons met kaiings, botter en vuurwarm brood bederf het. Hier is my ode aan dié hartskos.

GENOEG VIR 1 BROOD

• 450 G LAMSVET, IN BLOKKIES GESNY • 500 G (890 ML) KOEKMEEL • 10 G KITSGIS • 10 G SOUT • 45 ML HEUNING • 45 ML OLYFOLIE • 250 ML JOGURT • 100 ML LOUWARM WATER

Plaas die vet in ’n groot kastrol en verhit dit oor matige hitte tot dit begin braai. Verhoog die hitte en braai 10 – 15 minute of tot al die vet uitgebraai het en die blokkies vet goudbruin en bros raak. Gooi warm deur ’n sif en hou die kaiings eenkant. Plaas die koekmeel in ’n hoop op jou werkvlak en maak ’n holte in die middel. Gooi die gis, sout, heuning en olie daarin, gevolg deur die jogurt en water. Werk dit met jou vingerpunt­e in tot ’n taamlik stywe deeg gevorm word. Knie 5 – 8 minute of tot glad en elasties. Plaas in ’n skoon bak wat liggies met olie gesmeer is, bedek met kleefplast­iek en laat 30 – 40 minute op ’n warm plek rys tot dubbel die volume. Keer uit, druk plat en strooi die helfte van die kaiings oor een derde van die deeg. Vou die ander stuk terug, strooi die res van die kaiings oor die middelste derde en vou dit met die laaste stuk toe. Vorm ’n ronde deegbol en plaas dit in ’n broodmandj­ie wat met meel gesif is. Laat sowat 20 minute op ’n warm plek rys tot dubbel die volume. Verhit die oond intussen tot 200 °C. Keer die gerysde deeg uit op ’n bakplaat wat goed met kleefweren­de kossproei gespuit is, sny 3 kepe met ’n skerp mes in die oppervlak en bak 25 – 30 minute of tot die brood goudbruin en gaar is. Laat op ’n draadrak afkoel en sit voor met tuisgemaak­te botter.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa