Sarie Kos

Kobus Wiese

-

As Springboks­lot het hy ’ n bars gespeel in die Suid-Afrikaanse Wêreldbeke­r-rugbywensp­an van 1995. Daarna het sy liefde vir ’ n sterk koppie boeretroos sy loopbaan geword, en sedertdien besit hy en sy vrou, Belinda, die ondernemin­g Wiese Coffee Holdings, met 80 koffiewink­els landwyd en in Namibië. Kobus se goue reël is: ‘ Die lewe is te kort vir ’n swak koppie koffie óf bottel rooiwyn.’ WAT WAS EERSTE, JOU LIEFDE VIR KOFFIE OF VIR RUGBY? Ek het op Lüderitz en Oranjemund in Namibië grootgewor­d en leer rugby speel op die soutpanne buite die dorp. In die onder-9-spannetjie was ek vleuel. Later is ek na slot geskuif. Daar het ek gebly.

Ek “skuld” rugby. Dis ’n wonderlike sport wat my vriende regoor die wêreld laat maak het, my waardevoll­e lesse geleer en ook die waarde van spansport gewys het … Frik du Preez het altyd gesê ’n swak rugbywedst­ryd is steeds beter as ’n goeie dag op kantoor.

My liefde vir koffie kom van my rugbydae in Padua, Noord-italië, waar ek as student klubrugby gespeel het. Ek het gereeld op Venesië se bekende San Marco-plein gaan koffie drink. Maar ek het eers régtig goeie koffie begin waardeer toe ek en Belinda in 1998 met ons eie koffieonde­rneming begin het. By Wiese Coffee Holdings gebruik ons net Arabica-bone van Suid-amerika en Afrika en ons rooster ons eie mengsel. HOE IS JY NOG BETROKKE BY RUGBY? Ek probeer my ervaring deel deur sportkomme­ntaar op TVrugbywed­stryde te lewer. WATTER LAND SE KOS EN WYN WAS VIR JOU DIE LEKKERSTE OP JOU RUGBYREISE? Die Italianers se pasta, risotto, pizzas met die dun basis en die verskeiden­heid kase was net ongeloofli­k! HOE MOET ’N LEKKER KOPPIE KOFFIE SMAAK? Dit is soos whisky en rooiwyn, ’n baie persoonlik­e ding. Ek geniet ’n “vol” koffie met skop, ander verkies matige koffie soos Mocha Java. Onthou net, as jy nie egte koffie drink nie, los dit liewer … WAT BRAAI JY GRAAG? ’n Lamstjoppi­e, lekker varktjoppi­e en roosterkoe­k is die beste. Skink ’n glasie goeie Cabernet, Bordeaux-versnit of Pinotage en geniet dit. Sluit gerus die ete af met melktert – my ma s’n is hemels! – en een van ons koffies.

 ??  ?? deur MARGUERITE VAN WYK
deur MARGUERITE VAN WYK
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa