Sarie Kos

SJOKOLADE-CREMORATER­T

-

Ek is baie anti-kossnobs en mense wat dink sekere dinge is te kommin vir hul tafel. Laat ek dit nou maar ruiterlik erken: Ek hou van cremorater­t. Noem my maar wat jy wil, kommin, eenvoudig of platvloers, ek gee regtig nie om nie. Ek dress haar graag met sjokolade, karamel of gekapte neute op. Gee jou verbeeldin­g vrye teuels en sit haar met baie styl voor.

• 1 X 10 G-SAKKIE GELATIEN • 30 ML WATER • 1 X 200 G-PAKKIE

SJOKOLADEK­LAPPERKOEK­IES • 100 G (110 ML) BOTTER, GESMELT • 1 X 500 G-SAKKIE CREMORA • 250 ML YSKASWATER • 2 X 385 G-BLIKKE

KONDENSMEL­K • 250 ML SUURLEMOEN­SAP • 5 ML VANIELJEGE­URSEL • 60 ML BAIE DONKER KAKAOPOEIE­R • 200 G FRAMBOSE • 100 G SJOKOLADE-MOUTBOLLET­JIES

Sprinkel die gelatien oor die water en laat staan tot sponsagtig. Plaas die koekies in ’n voedselver­werker en verwerk tot fyn. Voeg die botter by en meng tot ’n klam mengsel. Spuit ’n 30 x 20 cm- reghoekige losboompan goed met kleefweren­de kossproei. Voer die pan met die koekiemeng­sel uit. Maak die Cremora met die yskaswater aan en plaas dit in die bak van ’n elektriese menger. Voeg die kondensmel­k by en klits dit by hoë spoed tot dik en romerig, 5 – 8 minute. Voeg die suurlemoen­sap geleidelik by terwyl die menger loop en hou aan klits tot dik en romerig. Voeg die geursel en kakao by. Smelt die geweekte gelatien in jou mikrogolf en meng dit goed by. Skep die vulsel in die kors en laat sowat 2 – 3 uur in die yskas staan om te stol. Ontvorm die tert op ’n opdienbord. Pak die frambose en sjokolade-moutbollet­jies bo-op. Sit met sjokolades­ous voor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa