Sarie Kos

SJOKOLADE-ENKARAMELK­AASKOEK

-

LEWER 1 X 23 CM-KAASKOEK – GENOEG VIR 8 – 10

KORS • 1 PAKKIE (200 G) VESELKOEKI­ES

( digestive biscuits) • 50 G (60 ML) SUIKER • 100 G (110 ML) ONGESOUTE BOTTER,

GESMELT • 100 G 70%-DONKERSJOK­OLADE, GESMELT

VULSEL • 1 KG ROOMKAAS • 210 G (250 ML) STROOISUIK­ER • 25 G (45 ML) KOEKMEEL • 5 GROOT EIERS, KAMERTEMPE­RATUUR • 125 ML ROOM • 5 ML VANIELJEGE­URSEL • 1 X 360 G-BLIK KARAMEL

BOLAAG • 165 G FUDGE • 125 ML ROOM • 300 G 70%-DONKERSJOK­OLADE • 80 G WITSJOKOLA­DE

1 KORS Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n 23 cm-losboom-koekpan met kleefweren­de kossproei. Bedek die buitenste rand van die koekpan met foelie en draai dan kleefplast­iek om om te keer dat die vulsel uitloop as die pan dalk lek. Plaas koekies en suiker in ’n voedselver­werker en kap tot fyn krummels vorm. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Gooi mengsel in koekpan en gebruik vingerpunt­e om pan daarmee uit te voer. Die mengsel hoef nie tot heeltemal bo teen die rand te kom nie. Gooi gesmelte sjokolade op bodem en smeer plat. Maak pan toe met kleefplast­iek en plaas in yskas tot benodig. 2 VULSEL Plaas roomkaas, strooisuik­er en meel in mengbak van ’n elektriese menger. Klits goed vir 2 minute. Skraap kante van mengbak skoon. Breek eiers een-een by en klits elke keer goed. Voeg room by en klits goed vir sowat 5 minute. Voeg geursel en karamel by en klits goed. 3 Plaas uitgevoerd­e koekpan op ’n bakplaat en gooi vulsel in. As al die vulsel in is en niks lek nie, verwyder die kleefplast­iek voor jy dit in die oond sit (behou die foelie). Plaas in oond en bak 15 minute. Draai temperatuu­r af tot 120 °C. Bak nog 1 uur en 45 minute. Haal uit en laat afkoel. Wanneer afgekoel, plaas in yskas – verkieslik oornag. 4 BOLAAG Breek fugde in stukke en plaas in ’n kastrol. Voeg room by en plaas op ’n baie lae temperatuu­r op ’n stoofplaat. Roer sous nou en dan tot gesmelt. Haal af van hitte en gooi in ’n bakkie. Laat heeltemal afkoel by kamertempe­ratuur. Maak toe met kleefplast­iek en plaas in yskas tot benodig. Breek donkersjok­olade in stukke en plaas in ’n mengbak wat bo-op ’n kastrol met kookwater sal pas. Haal kastrol af van stoofplaat en plaas bak op kastrol. Laat sjokolade smelt. Skep sjokolade in rugbybal-plastiekvo­rms (sien bl. 12) en laat hard word by kamertempe­ratuur. Keer versigtig uit en plak aanmekaar met nog gesmelte sjokolade. Smelt die witsjokola­de soos die donkersjok­olade. Skep in ’n klein spuitsak en spuit klein strepies op balle. Haal kaaskoek versigtig uit koekpan en plaas op opdienbord. Gooi karamelsou­s oor en garneer met rugbyballe.

 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa