Sarie Kos

Hempies Du Toit

- www.annandale.co.za

Van 1980 tot 1984 was hy Springboks­tut, maar sedertdien is hy eienaar en wynmaker van die plaas Annandale naby Stellenbos­ch. Hy maak vier tipes rooi- en portwyn en sy hart trek na Shiraz. ‘Ek is mal oor my werk. Dis ’n seëning,’ sê hy. WAT WAS EERSTE, JOU LIEFDE VIR WYN OF VIR RUGBY? My liefde vir kos en wyn is onafskeidb­aar. Ek het voor die kospotte grootgewor­d saam met my ma, Edna. Haar sterk punt was huiskos. Rys, vleis en aartappels. Ek was nog klein, toe het ek al hout aangedra vir Ma se Dover, om vuur te maak. Sondae het ons kinders ‘n glasie soetwyn by ons kos gekry. As hoërskooll­eerder aan Paul Roos op Stellenbos­ch het ek regtig eers lief geword vir rugby, maar ek het nooit vir die eerste span gespeel nie … HOE IS JY NOG BETROKKE BY RUGBY? Dis lekker om jong seuns een-een die fynere kunsies van voorryspel te leer. Ek het onlangs my vyfde kleinseun ryker geword en reeds vir al vyf plek in Paul Roos bespreek. Dit sal gaaf wees as hulle ook daar rugby kan speel. JY IS ’N PAAR KEER OORSEE SAAM MET DIE BOKKE. VAN WATTER LAND SE KOS EN WYN HET JY DIE MEESTE GEHOU? Die Nieu-seelanders eet baie vleis, maar hul skaap is ’n bietjie smaakloos, want die skaap vreet net gras. In 1982 het ek drie maande in Frankryk gewoon om die fynere kunsies van leef met wyn te bestudeer. (Hy is die vyfdegesla­g-wynmaker in sy familie.) Frankryk het my oë oopgemaak. Die Franse se manier van leef is uniek. Soms eet hulle heeldag lank. Hulle leef met oorgawe en ken die kuns van samesyn. Die gehalte van hul produkte op die markte is uitstekend. Die verskeiden­heid en hoe hulle dit uitstal: vrugte, kaas, vleis, groente, vleis, vis ... MAAK JY GRAAG SELF KOS EN WAT MAAK JY? Ja, nogal ’n mean afval en bredies. WAT BRAAI JY GRAAG? Skaaptjopp­ies, nie papierdun nie, ordentlik gesny. En ek hou van boerewors van gehaltevle­is, lekker gespesery. Ek is nogal ’n man wat ’n vis kan braai. Dis gesond en ek oordonder niks met te veel souse nie. Ek hou van die natuurlike smaak. Ek rond al my braaigereg­te af met vars suurlemoen – dit bring die smake uit.

 ??  ?? deur MARGUERITE VAN WYK Hempies met een van die bottels Chalbert Merlot wat hy op versoek van Charlene Wittstock se pa spesiaal vir haar troue met prins Albert van Monaco in 2011 gebottel het.
deur MARGUERITE VAN WYK Hempies met een van die bottels Chalbert Merlot wat hy op versoek van Charlene Wittstock se pa spesiaal vir haar troue met prins Albert van Monaco in 2011 gebottel het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa