Sarie Kos

MELKSJOKOL­ADE-EN- HASELNEUT-MACARONS

-

GENOEG VIR SOWAT 24 MACARONS

VULSEL • 5 ML GELATIEN • 10 ML KOUE WATER • 1 EIERGEEL • 15 G STROOISUIK­ER • 60 ML MELK • 60 ML ROOM • 100 G MELKSJOKOL­ADE, GESMELT • 125 ML ROOM, STYF GEKLITS • 100 G GEROOSTERD­E HASELNEUTE, FYNGEKAP SJOKOLADE-MACARONS • 2 EIERWITTE • 1 ML KREMETART • 60 G STROOISUIK­ER • 130 G FYN AMANDELS • 220 G (420 ML) VERSIERSUI­KER • 10 G (10 ML) KAKAO

1 Begin met vulsel. Week gelatien in koue water tot sponsagtig. Klits eiergeel en suiker met ’n draadklits­er saam tot lig en romerig. Bring melk en 60 ml room tot kookpunt in ’n kastrol en gooi stadig by eiermengse­l terwyl jy klits. Gooi terug in kastrol. Verhit sowat 10 minute oor lae hitte terwyl jy heeltyd met ’n houtlepel roer tot mengsel die agterkant van lepel bedek. Voeg gelatien en sjokolade by warm eiervla en meng goed deur. Laat afkoel. Vou 125 ml room in. Skep in spuitsak en plaas in yskas. Verhit oond tot 160 °C. Weeg bestanddel­e vir macarons af. 2 Klits eierwitte en kremetart saam tot lig en skuimerig in ’n elektriese menger se bak. Voeg suiker lepelsgewy­s by terwyl jy klits. Klits nog 5 minute by hoë spoed. Dit moet ’n baie stywe meringue vorm. Sif amandels, versiersui­ker en kakao saam. 3 Vou droë bestanddel­e deeglik by meringue in tot dit heeltemal glad is. Wanneer jy die skraper uithaal, moet die mengsel stadig kant toe vloei. 4 Skep in ’n spuitsak met ’n klein skerprand-tuit. Spuit sirkels van sowat 3 cm op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Slaan bakplaat liggies teen ’n werkvlak dat die ligblasies in mengsel kan bars. Plaas in oond en bak 12 minute. Haal bakpapier met macarons af van bakplaat en laat staan op ’n afkoelrak. Smeer vulsel op macarons en plak twee-twee opmekaar. Rol in fyn haselneute.

 ??  ??
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa