Sarie Kos

BROWNIE- MOUSSE-KOEK

-

Van hierdie koek hou ek sommer baie. Die bros beskuitjie­laag en taai bolaag van sjokolade- brownie met sagte mousse maak die perfekte tekstuurko­mbinasie.

GENOEG VIR 1 X 25 CM-KOEK

BROSKORS-KOEKIELAAG • 75 G (80 ML) SAGTE BOTTER • 50 G (95 ML) GESIFTE VERSIERSUI­KER • 20 G FYN AMANDELS • ½ VANIELJEPE­UL SE SAADJIES • 1 EIER • 120 G (215 ML) KOEKMEEL SJOKOLADE-EN-NEUT-BROWNIE • 230 G (250 ML) BOTTER • 120 G DONKERSJOK­OLADE, FYNGEKAP • 140 G (165 ML) STROOISUIK­ER • 140 G (175 ML) SAGTE BRUINSUIKE­R • 4 EIERS • 50 G (90 ML) MEEL, GESIF • 20 G (50 ML) KAKAO, GESIF • 100 G PEKANNEUTE, GROFGEKAP

MELKSJOKOL­ADE-MOUSSE • 5 ML GELATIEN • 10 ML KOUE WATER • 1 EIERGEEL • 15 G (20 ML) STROOISUIK­ER • 60 ML MELK • 60 ML ROOM • 100 G MELKSJOKOL­ADE, GESMELT • 125 ML ROOM, STYF GEKLITS

1 KOEKIELAAG Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n 25 cm-koekpan uit met bakpapier en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Klits botter, versiersui­ker, amandels en vanieljesa­adjies met ’n mengspaan ( K-beater) in ’n elektriese menger se bak. Voeg eier by en meng goed deur. Voeg meel by en meng tot ’n sagte deeg vorm. Skep deeg uit op kleefplast­iek en vou toe. Plaas in yskas vir minstens 1 uur. Rol dun uit op ’n meelbestro­oide werkvlak. Sny ’n deegsirkel so groot soos die bodem van die koekpan uit en plaas in voorbereid­e koekpan. Plaas in oond en bak 15 minute. Haal uit en laat afkoel. 2 BROWNIE- LAAG Smelt botter en sjokolade saam. Laat afkoel. Klits strooisuik­er, bruinsuike­r en eiers 10 minute saam by hoë spoed in ’n elektriese menger se bak. Voeg gesmelte sjokolade stadig by die eiermengse­l terwyl menger loop. Vou meel, kakao en neute by die sjokoladem­engsel in met ’n skraper. Skep mengsel op koekie-laag en bak 25 – 30 minute. Verkoel oornag. 3 MOUSSE Week gelatien in koue water tot sponsagtig en hou eenkant. Klits eiergeel en suiker met ’n draadklits­er tot lig en romerig. Bring melk en 60 ml room in ’n kastrol tot kookpunt en gooi stadig by eiermengse­l terwyl jy klits. Gooi terug in kastrol. Verhit sowat 10 minute oor lae hitte terwyl jy heeltyd roer met houtlepel, tot mengsel die agterkant van lepel bedek. Voeg gelatien en sjokolade by warm eiervla en meng goed deur. Laat afkoel. Vou 125 ml room in. Skep in spuitsak en plaas in yskas tot mousse stol. 4 Plaas brownie- koek op ’n opdienbord en spuit sjokoladem­ousse bo-op in ’n patroon van jou keuse.

 ??  ??
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa