Sarie Kos

WITSJOKOLA­DE-ENFRAMBOOS­KONFYTKOEK

-

GENOEG VIR 16 KLEIN KOEKIES

• 3 EIERS • 1 X 820 G-BOKS VANIELJE-KOEKMENGSE­L

(SOOS NOMU) • 1 VANIELJEPE­UL SE SAADJIES • 250 ML MELK • 160 G (175 ML) BOTTER • 2 X 130 G-BOTTEL FRAMBOOSKO­NFYT

VERSIERSEL • 300 G WITSJOKOLA­DE, FYNGEKAP • 200 ML ROOM

1 Verhit oond tot 180 °C. Voer 4 rolkoekpan­ne van 35 x 27 cm uit met bakpapier en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Klits eiers, suiker uit koekmengse­lboks en vanieljesa­adjies saam tot lig en romerig in ’n elektriese menger se bak. Verhit melk en botter saam tot botter gesmelt het. Voeg melkmengse­l bietjies-bietjies by eiermengse­l terwyl menger stadig loop. Voeg die meelmengse­l uit boks by en klits by lae spoed tot ’n gladde deeg vorm. Verdeel tussen 4 voorbereid­e panne. Bak 10 – 12 minute of tot ’n toetspenne­tjie skoon uitkom. Laat afkoel. Sny koeke in breedte middeldeur. 2 Smeer dun lagie konfyt eweredig oor elke laag. Plaas 4 helftes op mekaar om ’n vierlaag-koek te vorm. Herhaal proses met ander 4 halwe lae. Bedek 2 vierlaagko­eke goed met kleefplast­iek en laat oornag in vrieskas. 3 Verdeel elke gevriesde koek in 8 gelyke blokke en laat ontdooi by kamertempe­ratuur. 4 Maak intussen die versiersel. Smelt die witsjokola­de en room saam in ’n klein kastrol oor lae hitte tot ’n gladde mengsel vorm. Laat afkoel terwyl koek ontdooi. Plaas afkoelrak met koekblokke eweredig versprei op ’n bakplaat. Gooi versiersel oor die blokke sodat dit alkant bedek is. Gooi versiersel op bakplaat terug in kastrol en gooi ’n tweede laag versiersel oor.

 ??  ??
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa