Sarie Kos

Strik vas jou voorskoot

SARIE se kosredakte­ur, Herman Lensing, het in 2013 sy eerste kookboek, VOORSKOOT, bekend gestel. Nou is hy terug met nommer 2: Nog ’n VOORSKOOT. Ons gesels met hom

-

deur HERMAN LENSING foto’s DONNA LEWIS

5 MINUTE MET HERMAN

teks MARGUERITE VAN WYK Op 22 was jy die jongste kosredakte­ur nog by SARIE. Op 26 stel jy jou eerste kookboek, VOORSKOOT, bekend, en nou nog een. Waar kry jy die energie?

Ek glo nie aan stilsit nie. In die week werk ek by SARIE. Naweke werk ek aan my ander kosdrome. Dan sal ek onder meer saam met vriende resepte om die etenstafel toets vir my resepteboe­ke.

Watter soort geregte maak jy in jou nuwe resepteboe­k?

Dit is ingedeel in tien hoofstukke, elk met sy eie bestanddee­l wat my lewe verander het. Daar is alles van die nederige ui, lam en hoender – en wat is ’n kookboek sonder sjokolade? ’n Moetmaak is die hoemoes wat ek onlangs by ’n Libanese vriendin leer maak het (met water!).

Wanneer ‘werk’ kos?

Wanneer dit lekker is vir JOU. Te veel mense het opinies oor wat reg en verkeerd is. As jy dit met liefde en oorgawe maak, sal dit goed proe.

Hoeveel keer toets jy ’n gereg voordat jy dit uiteindeli­k neerpen?

Ek skryf alles neer terwyl ek kook. Soms werk dit die eerste keer, soms moet ek dit twee of selfs drie keer aanpas. Maar ek kook elke resep self en stileer dit saam met die fotograaf, Donna Lewis. Ons het reeds in Junie 2014 foto’s vir die boek begin neem en toe al begin skryf.

Wie het die grootste invloed op jou kookkuns gehad?

My ma, Susan Lensing, van Upington. Sy het my van jongs af laat help in die kombuis. Sy besef kos snoer mense saam. In VOORSKOOT 2 wil ek ook dankie sê aan die mense wat bestanddel­e vir ons “kweek, maak of daarmee boer”. Hulle het ook ’n groot invloed op my liefde vir kos.

Wat is vir jou die lekkerste kos op aarde en hoekom?

Iets eenvoudigs soos vars forel, gebraai met suurlemoen en hande vol vars koljander. Moenie kos kompliseer nie. Dít maak mense bang vir kook.

Wat is die belangriks­te lesse wat jy deur jou resepteboe­k vir mense wil leer?

Almal kan kook; resepte is net aanwysings. Hóé jy dit maak, is die vreugde van kosbereidi­ng.

Wat maak hierdie boek anders as VOORSKOOT?

Elke hoofstuk begin met ’n storie geskryf deur bekendes, o.a. Marion Holm, Pedro Kruger, Deon Lotz en Mariëtta Kruger.

Het jy al mislukking­s gehad?

Natuurlik! Die geheim lê in hoe jy dit hanteer. My ma het altyd kaas oor alles gegooi wat geflop het, wyn geskink en dan rustig agteroor gesit. Ek gooi eerste die wyn, en as ek moet, begin ek kaas rasper ...

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa