Sarie Kos

Schalk Burger Sr.

- www.schalkburg­erandsons.co.za

Hy is mal daaroor om ’n glasie te klink saam met sy seuns, Springbokf­lank Schalk en sakeman Tiaan, en sy dogter, René, vertel die voormalige Springboks­lot Schalk Burger van die Welbedacht-landgoed naby die Bolandse dorp Wellington. En verder is daar vir dié trotse pa niks lekkerders as om tussen die wingerdsto­kke en druiwe op sy wynplaas rond te stap nie. WAT WAS EERSTE, JOU LIEFDE VIR WYN OF VIR RUGBY? Eintlik krieket! Ek het selfs ’n krieketvel­d op die plaas. Een van my wyne heet Cricket Pitch. Rugby het my op hoërskool opgewonde gemaak, want dit is ’n fantasties­e spansport. Ek het nie op skool wyn gedrink nie, maar in die oestyd het ek en vriende gereeld mos gedrink by ’n vriend van ons wie se pa hoofwynmak­er by Bolandwynk­elder was. Party van die ouens het glad van hul fiets afgeval op pad huis toe … HOE IS JY NOG BETROKKE BY RUGBY – OF IS JY DEESDAE NET ’N TOESKOUER? Ek was sewe jaar lank rugbykomme­ntator op televisie, het ’n sportbemar­kingsonder­neming besit, was president van die Wellington­se rugbyklub (dit is vanjaar 115 jaar oud), direkteur van Boland-rugbyunie én van die Stormers-rugbyklub. Ek het ook provinsial­e en klubspanne afgerig en geniet dit om saam met my vrou, Myra, te kyk hoe Tiaan op flank vir Boland en Wellington se rugbyklub uitdraf en natuurlik ook wanneer Schalk speel. VAN WATTER LAND SE KOS EN WYN HET JY DIE MEESTE GEHOU TERWYL JY SAAM MET DIE BOKKE OORSEE GETOER HET? Weens ons isolasie in die apartheids- era het ons nie juis gereis nie. Ek en Myra het ‘n paar maande (in 1982) in Italië gebly, toe ek ses maande vir die Rovigo-klub rugby gespeel het. Ek het so lief vir die Italianers se kos geraak. En die wyn. MAAK JY GRAAG SELF KOS? Kosmaak is terapeutie­s. Myra kla net ek maak die hele kombuis vuil. Ek het al pasta gemaak en geniet dit om pizza in ons eie pizza-oond te maak. Ek hou daarvan om nuwe resepte te probeer. WAT BRAAI JY GRAAG? Enigiets van springbokf­ilet tot ‘n tjoppie en wors, maar my spesialite­it is die braaibrood­jie. Ek geniet die samesyn om die vuur met familie en vriende en probeer gereeld braai.

 ?? deur MARGUERITE VAN WYK ??
deur MARGUERITE VAN WYK
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa