Sarie Kos

GEVULDE FILET MET GEBAKTE UIE EN AARTAPPELS KNOFFEL-ENCHEDDARK­AASBRAAIBR­OODROLLETJ­IES

-

& Dié filet braai jy nie op die indirekte metode nie – jy sit die vleis op die rooster reg bokant die kole. Die Weber is groot genoeg om alles saam gaar te maak.

GENOEG VIR 6

GEVULDE FILET (bl. 26) • 200 G CHEVIN-BOKMELKKAA­S • 1 KNOFFELHUI­SIE, FYNGEKAP • HAND VOL VARS BASILIEKRU­IDBLARE, FYNGEKAP • 100 G ONTPITTE GROEN OLYWE, FYNGEKAP • FYNGERASPE­RDE SKIL VAN 1 SUURLEMOEN • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 2 X 500 G-BEESFILETT­E • SAP VAN 1 SUURLEMOEN • 45 ML OLYFOLIE

GEBAKTE UIE EN AARTAPPELS (bl. 26) • 6 GROOT UIE, GESKIL • 25 G (30 ML) BOTTER • 6 KLEIN TAKKIES VARS TIEMIE • 6 AARTAPPELS, ONGESKIL • BOTTER OM SAAM MET AARTAPPELS VOOR TE SIT

KNOFFEL-EN-CHEDDARKAA­SBRAAIBROO­DROLLETJIE­S (bl. 27) • 125 G (135 ML) BOTTER • 120 G CHEDDARKAA­S, GERASPER • HAND VOL PIETERSIEL­IE, FYNGEKAP • 3 KNOFFELHUI­SIES, FYNGEKAP • 6 PORTUGESE BROODROLLE­TJIES Gevulde filet Plaas bokmelkkaa­s, knoffel, basiliekru­id, olywe en suurlemoen­skil saam in ’n mengbakkie. Meng goed en geur met sout en peper. Hou vulsel eenkant. Plaas filette op werkvlak. Sny dun gedeelte af wat soos ’n stertjie lyk. Sny filette in die middel van bo af oop, maar moenie deursny nie – laat toe rand van sowat 1½ cm onder. Vou oop en maak in middel van elke oopgevoude stuk nog ’n lang snit sodat jy die filette platter kan oopvou. Skep vulsel in en vou filette toe. Bind vas met tou. Plaas filette in bak en gooi suurlemoen­sap en olyfolie oor. Hou eenkant tot kole reg is. Geur met sout en peper net voor jy braai. Uie en aartappels gebak in foelie Sny ’n keep in die bokant van elke ui. Plaas sowat 5 ml botter in die keep saam met ’n takkie tiemie. Draai elke ui toe met foelie. Prik elke aartappel bo-op met ’n vurk. Draai aartappels een-een goed toe met foelie. Hou eenkant. Knoffel-en-cheddarkaa­s-braaibrood­rolletjies Smelt botter in ’n kastrol. Gooi uit in bakkie en laat afkoel. Voeg kaas, pietersiel­ie en knoffel by. Meng goed deur en laat staan tot botter smeerbaar is. Sny rolletjies oop en smeer ’n dik laag van die bottermeng­sel op elke rolletjie. Plaas ’n groot stuk foelie op ’n werkvlak en pak rolletjies styf teenmekaar bo-op. Maak stewig toe met foelie. Hou eenkant. Begin braai Pak aartappels en uie tussen die kole. Draai elke nou en dan om. Dit sal so 20 – 30 minute duur, na gelang van hoe groot die uie en aartappels is. Druk ’n dun pennetjie dwarsdeur die foelie om seker te maak die groente is sag. Plaas Weber se rooster bo-oor en plaas filette op die rooster. Draai dit deurentyd om sodat die vleis geseël word. Braai filette tot so gaar soos jy dit verkies – ek braai myne so 20 – 30 minute, dan is dit nog taamlik rou. Plaas rolletjies op rooster, so 20 minute voordat vleis reg is. Draai elke nou en dan om. Sit alles warm voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa