Sarie Kos

BRIEF BRING HERINNERIN­GE

- – Zelda Wiltshire, Tableview

My pa was saam met my bly toe my brief in Desember 2014 se SARIE KOS as wenbrief aangewys is. Ek was in die wolke, maar twee weke later is hy oorlede.

Ek het van die hospitaal af huis toe gekom en gebak – gemmerkoek­ies, want dit was sy gunsteling. Tussen trane deur het ek geweeg, gerol en gebak. Die koekies was nes my pa daarvan gehou het – vet geswel, geurig, skurf, lekker sterk en soet. My Kenwood Major, die wenbriefpr­ys, is drie dae ná my pa se dood afgelewer, en ek het sy begrafnisk­oek met my heel beste geskenk gebak. Op 3 Desember 2015 het ek weer gemmerkoek­ies gebak, met die wete dat die geure sal opsweef en dat hy dit daar bo sal kan ruik, en sal weet ons verlang na hom en onthou hom elke dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa